Persoonlikheidstipe in Kinders: Die sleutel na die onderrig-ervaring waarvan jy nog altyd gedroom het

Datum : 1 Augustus 2015
Tyd : 09:00 – 15:00
Plek : 15 Hunter Ave, Ferndale, Randburg
Prys : R1 200,00 ( excl. BTW)

Die MMTIC® instrument (Murphy-Meisgeier Type Indicator for Children®) word gebruik om sielkundige persoonlikheidstipe in kinders en jong mense te evalueer. Persoonlikheidstipe kan baie suksesvol gebruik word as ‘n raamwerk om die verskille tussen kinders en volwassenes – in hierdie geval, onderwysers – te verstaan, wat weer ‘n invloed het op die manier waarop kinders en volwassenes met mekaar kommunikeer. Insig in persoonlikheidstipe stel onderwysers in staat om meer effektiewe maniere te vind om kinders te help groei en hulle spesiale talente te ontwikkel. Terselfdertyd word meer positiewe en sterker verhoudings met studente gebou. Die onderwys is so ‘n verhoudings-gedrewe roeping dat dit duidelik is dat almal sal baat vind by beter verhoudings in die klaskamer. Dit is dus van groot belang vir onderwysers om die idee van verskillende persoonlikheidstipes te verstaan, aangesien dit onder andere die aanbiedingstyl van die onderwyser, ontwerp van assesserings, en klasreëls kan beïnvloed. Om die onderrigstyl aan te pas by die verskillende maniere waarop kinders inligting verwerk en besluite neem, behoort ook tot beter prestasie te lei. Laastens is ‘n aangenamer klaskamer atmosfeer nog ‘n bonus. Die gebruik van persoonlikheidstipe in onderrig is ‘n wen-wen situasie vir almal wat ons kinders se opvoeding vooropstel.

Oor die aanbieder

Tania Cleary is ‘n lewenslange student en navorser wat fokus op die praktiese toepassing van Sielkunde om mense te bemagtig om te groei en te floreer. Haar vorige loopbaan as musiekonderwyser en adjunkhoof vir meer as twee dekades getuig van ‘n spesiale belangstelling in kinders en familie-dinamiek. Tania se vorige navorsing het gefokus op post-traumatiese groei in volwassenes na die verlies van ‘n geliefde. Tans is sy besig met ‘n uitgebreide navorsingsprojek oor die ervarings van jong oortreders binne die Suid-Afrikaanse geregsisteem.
Tania is ‘n stigterslid van GoLearnSA, ‘n maatskappy wat kurrikulum en evaluering verskaf aan die tuisskool- en onafhanklike studente-mark. In haar vrye tyd geniet sy kosmaak en lees, en om tyd saam met haar familie deur te bring (dit sluit die drie dierekinders, Essie, Daffodil en Littleby, in).

Upcoming Persoonlikheidstipe in Kinders Events
Event TitleTypeDate
(YYYY-MM-DD)
VenueCEUsFee (Inc. VAT)AvailabilityTarget AudienceAction